사용자 환경을 개선하기 위해 이 웹 사이트의 쿠키 및 기타 기술을 사용합니다.
이 페이지의 링크를 클릭하면 당사의 개인 정보 보호 정책쿠키 정책에 동의하는 것입니다.
동의함 더 알아보기
Hoërskool Bellville 아이콘

1.0.7 by DXN Tech


Feb 13, 2020

Hoërskool Bellville 정보

Hoërskool 48 'streef 기능 톰 ELKE leerder voor 테 베레이 용 다운로드하여 toekoms 다이.

Die Hoërskool Bellville – ons kyk terug op meer as 70 jaar

Op 25 Januarie 1937 het die Hoërskool Bellville ‘n nederige begin gehad toe 25 leerders in grade 8 en 9 en twee onderwysers mekaar in ‘n saal naby die kruising van Durban- en Voortrekkerweg ontmoet het. Vanuit hierdie nederige begin het een van die grootste Afrikaans-medium skole, met die mooiste skoolgebou in die Wes-Kaap gegroei. Vanjaar (2012) herdenk ons die 75ste bestaansjaar van hierdie grootse skool, waarvan ons deel is.

Nederig was die begin aan die kruising van Durban- en Voortrekkerweg in 1937. Drie jaar later (1940) is die eerste fase van die skoolgebou langs Voortrekkerweg deur die leerders en opvoeders betrek. Hierdie gebou het in ongeveer drie verdere fases groter geword totdat die saal in 1966 die laaste toevoeging tot die kompleks was.

Die Kaaplandse Departement van Onderwys het in 1956 die stuk grond aangekoop waarop die huidige sportgrond ontwikkel en skoolgebou opgerig is. Aanvanklik is opslaangeboue opgerig wat ‘n laerskool gehuisves het en nog later het dit die Alta du Toitsentrum geword. Dit het egter vervalle geraak en is deur ‘n groot dennebos omring. Die gedeelte noord van Ou Paarlweg en oos van Feinauerstraat, maar suid van die sitplek by die hokkieveld, is na ‘n gestoei met die Departement in die sportkompleks ontwikkel wat vandag gebruik word. In 1985 is dit in gebruik geneem.

Die ou skoolgebou langs Voortrekkerweg het met verloop van tyd ondoeltreffend geword. Dit het daartoe gelei dat ‘n nuwe gebou vir die Hoërskool Bellville in die dennebos noord van die hokkievelde opgerig moes word. Groot was die vreugde toe die leerders in Junie 1994 met banke in die hand die groot trek vanaf Voortrekkerweg na De la Hayelaan onderneem het.

Die fisiese geriewe van die Hoërskool Bellville is in die proses gekonsolideer en dit is ‘n voorreg om dit elke dag te kan beleef en gebruik.

Sowat 14400 leerders het die afgelope 75 jaar as leerders van die Hoërskool Bellville, hul matriekeksamen afgelê. Akademies was daar uitstekende resultate, veral die afgelope 10 jaar. Die aantal leerders wat A’s behaal het, het jaar vir jaar gegroei en dit het ‘n hoogtepunt bereik met Jaanri Koch wat in 2005 die beste leerder in die land was, en Simoné Gauche wat in 2006 die 13de plek in die Wes-Kaap beklee het. Ons bring egter die grootste hulde aan elke leerder wat gedurende sy skoolloopbaan getrou en hard gewerk en akademiese suksesvol was.

Wanneer mens egter rustig nadink oor die afgelope 75 jaar, dan staan daar twee groot woorde oor die verlede van die Hoërskool Bellville geskryf, naamlik genade en dankbaarheid. Die genade van Ons Hemelse Vader in Jesus Christus wat sy hande elke dag seënend na ons uitsteek en ons dankbaarheid vir die seën wat Hy aan ons gee, omdat ons niks verdien het van die baie wat Hy aan ons gegee het nie. Mag ons in die volgende 75 jaar, met dankbaarheid, die genade van God ontvang.

최신 버전 1.0.7의 새로운 기능

Last updated on Feb 13, 2020

Visual updates

번역 로드 중...

추가 앱 정보

최신 버전

Hoërskool Bellville 업데이트 요청 1.0.7

업로드한 사람

Minh Minh

필요한 Android 버전

Android 4.1+

카테고리

무료 교육 앱

더 보기

Hoërskool Bellville 스크린 샷

언어
APKPure를 구독하십시오
최고의 Android 게임 및 앱의 초기 릴리스, 뉴스 및 가이드에 액세스하는 첫 번째 사람이 되십시오.
고맙지 만 사양 할게
가입하기
성공적으로 구독!
당신은 이제 APKPure에 가입되었습니다.
APKPure를 구독하십시오
최고의 Android 게임 및 앱의 초기 릴리스, 뉴스 및 가이드에 액세스하는 첫 번째 사람이 되십시오.
고맙지 만 사양 할게
가입하기
성공!
당신은 이제 우리의 뉴스 레터를 구독하고 있습니다.