Die Psalmboek (swartboek) van die Gereformeerde Kerke vir fone en tablette.
Die GKSA Psalmboek bevat die berymde Psalms en Skrifberymings in gebruik by die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika. Dit sluit in:
• Psalm 1-150
• Skrifberymings: 1-79
• Belydenisskrifte
• Liturgiese formuliere
• Gebede
• Kerkorde van die GKSA
Sleutelkenmerke:
• Skep, stoor en stuur 'n sanglys vir die erediens
• Gevorderde soekfunksie (Psalms en Skrifberymings)
• Verstelbare kleurskema en teksgrootte
• Soekfunksie vir formuliere, gebede en kerkorde
• Voorkom skerm-sluit terwyl app gebruik word
Minimum vereiste:
• Android foon of tablet met Android 4.4.